Getuienis

10428527_663806827072793_4390347085631354316_n

Vandag se blog gaan oor ‘n persoonlike ervaring.  Gister was my verjaarsdag.  Dis gewoonlik ‘n baie emosionele dag.  Die eerste rede is die tyd van die jaar.  Dis boekgelde vir die volgende jaar, dis herregistrasie gelde, vakansie gelde ens.  Tweedens dis in die middel van die maand.

img-20140823-wa0002

Die afgelope paar weke was vir my bitter moeilik.  Emosioneel het ek deur baie gegaan.  Amper 10 jaar terug gedurende die tyd van die jaar het ek uitgevind my eks-man het ‘n verhouding. Dit bring gewoonlik herinneringe en gevoelens mee wat eerder gebêre moes wees. Saam met dit die druk by die werk met beplanning vir die nuwe akademiese jaar maak mens emosioneel afgemat en bitter negatief.

Ek het drie wonderlike vriendinne. Het al gedurende die week agtergekom daar is ‘n gekonkel. Het hulle gevra om asseblief nie iets te reël nie aangesien ek vreeslik opgesien het na my verjaarsdag. Hulle het my belowe hulle doen niks.

10492499_692557084113130_6404588483897277694_n

So breek die groot dag aan.  Sjoe ek was nie lus vir dit nie.  Die seuns was al net na 5 wakker en doenig en ek het gesnoezze tot 7uur of altans ek wou.  6uur hoor ek ‘n toeter by my hek en tot verbasing is dit 2 van die borrelendste en grootste glimlaggies met die mooiste happy birthday song. Net daar verander die gemoed. Dis ‘n geskerts en koffie en lag en gesels.

img-20140911-wa0002

Ons kerk het ‘n kinderdiens met opvoering en prysuitdeling gehad en my seuns was amazing. Vreeslike stage fright maar amazing. Toe kom die boodskappe op facebook een vir een deur en die whatsapps en sms’s. Dis dan wanneer mens besef jy is nie alleen nie. Vir party is jy spesiaal en ‘n dag waarna jy opgesien het word ‘n dag van waardering. Dan besef mens met dankbaarheid eers wie die Here in jou lewe geplaas het en vir wie jy spesiaal is. Dan besef mens dat die Here jou nooit alleen laat wandel nie en dat jy spesiaal is in Sy oë want Hy het jou by naam geroep.  Die vers wat die sondagskool tannie ons geleer het was Spreuke 3:6: Ken hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelyk maak. Hoe wonderlik dat ‘n boodskap op die regte tyd op die regte plek na vore kom.

img-20141027-wa0004

Vandag kom ‘n leerder na my kantoor en sê “Mam happy birthday this is for all your thought and wishes.” Die boek se naam: My gebedsjoernaal. Die volgende vers staan voor op die boek geskryf: 1 Johannes 5:14-15: Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister. As ons dan met die wete leef dat Hy na ons luister, na wat ons ook al vra, weet ons dat Hy die versoek wat ons gevra het, toestaan.”

img_20141212_00145640

Die regte boodskap kom op die regte tyd. Ons dien ‘n groot en almatige God.

img-20141011-wa0001

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s