Kosbare perels


Daagliks word oesters uit die see gehaal met die kosbaarste perels in. Dis elke dogtertjie se droom, haar eie string perels. En hoe meer spesiaal as haar pa vir haar n string gee.

Nes n perel is elke jong dame se hart. N man ontdek n oester wat sy hart steel. Hy breek deur haar dop en kom af op die blinkste, perfekste perel. Soos enige kosbare besitting moet dit gekoester word. Dit word veilig bewaar en versorg. N perel is broos en breek en verbrokkel maklik. Net so is ons diepste binneste.

Wat baie nie besef nie is dat hulle die kosbaarste besitting reeds ontvang het. Hulle bewaar dit egter nie en voor hulle hulle kan kry is die perel stukkend. Ongelukkig is daar geen gom om die deeltjies terug te plak nie. En as jy dit verloor het is dit weg. 

Die Here het ons perels ongelooflik geskape. Hy gee ons die vermoe om die stukkende deeltjies weg te blaas in die stof en ons te vernuwe van binne. Hy maak ons weer mooi want ons is en sal altyd vir Hom n spesiale perel wees.

Aan al die stukkende perels. Kyk op na bo. Hy staan met sy arms oop. Hy wag vir jou. Hy noem jou by naam. Jy is spesiaal vir Hom. Nou en altyd.

Opgedra aan n spesiale perel.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s