Vrugteslaai(Deel 1)

Die liedjie heet dis heerlike lente die winter is verby, die velde is vrolik vir jou en vir my. Saam met die lente arriveer een van my gunstelinge disse: vrugteslaai. Daar is darm niks so heerlik soos vars vrugte nie.  Die sap wat by mens se mond uit loop op alles en jou taai maak van kop tot tone is soos hulle in engels sê: “to die for”. 

In enige goeie vrugteslaai kom’n verskeidenheid vrugte. Dit is nogal interessant om te weet die woord vrug beteken ook “geniet”. Presies wat mens met elke happie doen. 


My eerste vrug is piesangs. Piesangs word gevorm oor ‘n jaar. Soos wat die boom groter raak kantel hy sywaarts. Die pragtige blomme verander dan in heerlike trosse piesangs wat na die son draai. Piesangs verskaf energie en Vitamiene A en C. Piesang se betekenis is dus “smaaklik”.  Ons geloof moet soos die van  die piesang wees. Dit moet groei met tyd sodat dit heerlike, smaaklike vrugte kan dra. Ons geloof moet vir ons energie verskaf wat ons daagliks kan uitstraal na ander.

 My volgende bestandeel is pynappels. Die vrug is ‘n afstammeling van die denneboom. Die pynappel het ‘n ruwe dop met vesel blare. Die dop beskerm die binneste sagte vrug. Ons almal het ‘n dop. Party van ons laat sekere mense binne en stoot sekere mense weg. Ons probeer onsself beskerm in verskeie opsigte met ons doppe teen aanslae van buite. 


‘n Heerlike, gesonde en veelsydige papaja word in blokkies gesny. Vroulike en manlike blomme word op aparte bome gedra. Die vrug is nes die piesang ryk aan Vitamiene A en C. Die mens is wonderlik geskape. Die vrou uit die man se ribbebeen. Apart tog afhanklik van mekaar. Beide dra mekaar deur moeilike tye en goeie tye en bande word gesmee. Maar nes enige plant het dit versorging nodig. Sagkens moet die vel verwyder word en dan die pitte uitgekrap word. Gevorm tot ‘n perfekte helfde. Netso word die mens gevorm deur laag vir laag te ontbloot aan die spesiale mense in ons lewens. 

Koejawels is ‘n koppige vrug. Sy harde vel en klippies pitte maak die sagte pienk vleis die moeite werd. Elke situasie bring sy eie stryd. Partykeer is die een stryd moeiliker as die ander. Ons is baie keer ook te hardkoppig om die maklike pad te neem en sal eerder sukkel voor ons hulp vra. Partykeer moet ons net ons harde pitte uitspoeg en die sagtheid van mense wat omgee binne laat sodat ons kan voortgaan op ons pad. 

Perskebome is een van die bekendste vrugtebome. Daar is  verskillende varieteite. Lospit of taaipit. Die skil is gewoonlik donsig of haarloos.  Dis so tipies van baie van ons vriende. Daar is jou stil en teruggetrokke pelle wat altyd daar is vir jou, deur dik en dun. Dan het jy die lawwe klomp wat enige dag jou dag opkikker en ophelder. Party is groot en ander klein. Party het baie mooi lang hare en ander geen hare. Een ding is verseker sonder beide die groepe in jou lewe sou alles maar bra vaal en dood gewees het. 


Daar is nog vele ander vrugte om by te voeg. Appels, pere, lemoene en druiwe. Sodra mens al die vrugte bewerk en saam in een bak meng met suiker en soet vrugtesap kry mens die mees ongelooflikste ervaring van vars en heerlik. Die gevoel van opwinding vir die volgende happie dryf jou soos ‘n geweer teen jou kop vir meer en meer. 

Dis hoe ons moet leef. Elke dag moet ‘n unieke vrugteslaai wees. Ons moet ons skille afskil, ons pitte uitspoeg en die soet vesel van die lewe proe. Ons moet besef dat elke dag ‘n dag nuut is. Geskape deur God spesiaal vir ons. Ons is Sy unieke en beste resep. Ons bome kan hoog rank en vêr sien. Al wat ons moet doen is glo in onsself, ons familie en vriende en vertrou op Hom wat alles moontlik gemaak het.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s