Jakkals trou met wolf se vrou

web_jakkals

Lank lank gelede was daar ‘n wolf wat smoorverlief was op sy droom wolvin. Sy was vir hom die mooiste in die hele wêreld.  Gou was sy net so lief vir hom.  Tydens ‘n helder nag onder die sterre vra wolf vir haar om te trou.  Sy is soo bly en sê dadelik ja.  Wat wolf egter nie van bewus was nie was dat sluwe ou jakkals sy tande slyp vir wolf se vrou.  Jakkals het stelselmatig wolvin se liefde gewen en weggestap met ‘n bruid.  Wolf se hart was stukkend.

Nes die storie is ons daaglikse lewe vol jakkalsies. Dag in en dag uit jag ons alles na wat mooi is en jubel oor alles wat ons vermag.  Nes smoorverliefdes vergeet ons gou wie die ware “ons” is en word ons janklase vir ons self. Ons jag na rykdom en aansien. Elke vrou se juwele moet beter en mooier en duurder as haar vriendin sin wees. My rugby span is vinniger as joune en soos die advertensie van die Hilux bakkie trek elke man se bakkie ‘n cheetah span die koppies uit.

im1

Ons vergeet dikwels om die Jasmyn in ons lewens te ruik. Soos regte japsnoete rond te hardloop en net jonk te wees. Ons ontneem die jeug van ontdek met tegnologiese uitvindsels. Watter kinders speel nog kleilat of spoeg bokdrolle. Toe my oudste hoor hulle gaan dit op veldskool doen wou hy tien dode sterf.

Die bybel stel dit duidelik in die tien gebooie (Exodus 20:17) dat ons nie mag begeer nie. Dis dan wanneer ons moet weet dat die Here ons God ‘n barmhartige God is soos geskrywe staan in Deut 4:30. Psalm 100:5 “Want die Here is goed, sy goedertierendheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.”

im2

Nes wolf moet ons bou op die mooi en in die maanlig en sterre aanskou soos dit bedoel is om gesien te word deur die oë van ‘n kind. Ons moet die klein dingetjies optel en koester en weet dat dit die belangrikste is. Die ou mense het altyd gesê trou is nie perde koop nie. Dis waar. Trou is vir altyd.  Die Here is vir altyd by jou, in jou en om jou. Geen jakkals kan jou geluk kom afrokkel as Hy jou skaapwagter is nie.

So as die donderweer opkom en ons die reën sien val en aan die gesegde dink Jakkals trou met wolf se vrou moet ons wees ons skaapwagter jubel oor sy kudde. Hy het justisie oor ons en ons is Sy blinkste diamant.

im3

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s