Brille en pille


Elke dag stap ons die pad van die lewe.  Elke dag word ons ouer en wyser. Saam met ouderdom kom ‘n verskeie aantal karaktereienskappe. Ongeduld, brille, pille en glad nie lus vir nonsens nie. 

Brille se doel is om die wêreld om ons te vergroot sodat ons beter kan sien.  Maar wat is dit wat ons wil sien.  Sien ons wat ons graag wil of sien ons die waarheid agter die skerms.  Baie is blind vir hulle eie swakhede en sien dus altyd die foute in ander raak en nooit hulle eie nie. Wanneer hulle gekonfronteer word is hulle aanvallig en opstandig. Hulle blindheid weerhou hulle dus van die werklike lewe. 

Die bybel is ons lewensbril.  Party mense dra dit gereeld en ander wanneer die tyd en plek vir hulle gepas is. Die omstandighede hang dan af van wat hulle met die bril gaan doen.  Gaan hulle ver sien en voorkomend optree of naby sien en die hele prentjie miskyk.

Die ander deel van ouderdom is pille. Ons moet ons bloeddruk dop hou, ons hart in ritme, genoeg energie hê vir die dag en dan nog al die virusse weghou. Ons hande is daagliks vol voorkomende medisyne. Die eintlike medisyne lê in die genesing van die woorde in die bybel. ‘n Blinde man word genees in Johannes 9, Jesus maak ‘n seun gesond Matt 17, Jairus se dogtertjie lewe Lukas 8, melaatse manne word genees Lukas 17. Soveel genesing deur slegs die woorde te spreek soos aan ons gegee in die Bybel. Watter  beter vorm van medikasie wil mens hê as die totale genesing deur Jesus Christus.

Aan die begin van die laaste kwartaal is my gebed vir my mede kollegas, laat die bybel julle bril wees en die woorde julle vitamiene. Laat liefde in Christus julle deurgrond en dra deur die laaste paar weke. 


“Here, ek kom na U toe met die bril en vitamiene van U liefde.  Ek bid liefde, vreugde en vrede oor al my kollegas.  Here maak hulle U spreekbuis en lei hulle in U woord. Deurgrond hulle wanneer dit moeilik gaan en die hou hulle vas in die fondasie van die bybel. Here ek spreek opvoeding uit oor ons leerders en dat hulle die lewe sal sien wat hulle kan beerwe. Here dra elke onderwyser, leerder en ouer. Slegs met U as ons leidsman kan ons die jaar afsluit met helder visie en wip in ons stap. Amen.” 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s