My movie


​“My name is Bond, James Bond.” Net die woorde laat enige vroue se kniee verswak.  Koppe draai en gedagtes dwaal.  Dis die aantreklik gespierde man met alle seksies op net die regte plekke.  Sy glimlag laat jou alle weerstand verloor.  Sy woorde laat jou verdrink in ‘n poel van hartstog.

“My naam is God, die Here God, jou Vader.” ‘n Mens sou verwag dat die uitwerking beter sou wees as die een van James Bond.  Hy is dan ons Skepper. Hy is groter as die heelal.  Hy het die aarde geskape en die waters geskei.  Sy mag is groter as enige ander.  Maar tog hou ons Sy naam stil.  Ons is so bang dat ons ‘n etiket gaan kry.  Dat daar gesê gaan word hy/sy loop alweer met die bybel onder die arms dat ons vergeet maar dit is wat ons moet doen.  


Psalm 107:8-9 stel dit so mooi: “Laat hulle die Here loof om Sy goedentierenheid en om Sy wonderdade aan die mensekinders, want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.”. Sy almag is soooo groot.  Sy spiere is sterker en fermer as die van die idiliese Bond.

Hy ry ook ‘n “smart” kar – die Bybel. Hy oorwin ook die skelms – die duiwel. Hy wen ook die harte van menigtes – christene. Die verskil is egter met watter bril jy na die storie kyk en watter storie jy bestudeer. 

Elke dag is sy eie unieke storie. Daar is lofprysing, armoede, angs, aanvalle, afguns, depressie, dood, eensaamheid, frustrasie.  Elke dag het sy foute en bitterheid.  MAAR saam met die slegte kom die mooiste mooi. Familie wat mekaar bystaan, ondersteun, beloftes word gemaak van trouheid en vriendskap, dankbaarheid en bevryding kom ons tegemoed in ons dissipelskap en christenskap. Ons kyk deur die oë van engele na die ewige lewe en bring eer aan Hom wat dit alles moontlik gemaak het.


Psalm 60:14 “In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.”

Romeine 2:10 “maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen watgoed doen,…”

Is dit nie wonderlik om te weet dat die redder wat jy kry in die bybel soveel meer is as in die flieks nie.  Hy is betroubaar en 24/7 beskikbaar. Sy liefde is nimmereindigend en Sy arms altyd oop.  Al wat jy moet doen is vra en jy sal kry soos deur Hom gespreek op die regte tyd en die regte plek.

My lewe is Jesus movie.  Wie kyk saam?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s