Geloof Hoop Liefde

Twee mense wandel op die pad van die lewe.  Sonder om te weet wat die toekoms inhou dwaal hulle in mekaar se lewens. Gaande oor mekaar en oor die liefde word die pad gestap en gevorm. Hier en daar is daar opdraendes en gate wat toegegooi moet word maar saam is hulle gepanser. Die liefde word gebuig en gevorm tot hulle gelyk aan mekaar is en as geheel mekaar kan sien. Met geesdrif word hulle liefde gegrond in ‘n fondasie wat gevestig  is in geloof, liefde en hoop. Soos goue are in die velde word hulle lewens vir mekaar kosbaar. Daagliks groei hulle in die wete dat hulle gevestig is in die verloop van die toekoms.  Die fyn garings word deurgetrek en die groot vraag gebeur. Met geesdrif word ‘n bruidlof beplan. Almal is gaande en die gewigtige word aangepak. Die belangrikste vir baie is die bruid. Daar word gejaag vir die mooiste rok (die wow). Sy is die gesig van die dag. Die geklank van musikante begin en in die gang af stap die grasieuse en beeldskone bruid. Hulle betree die gebied van die heilige. Hier word hulle gelyk en geseën met die liefde van God en familie.  Saam sal hulle groei en guns ervaar. Na ‘n onvergeetlike fotosessie daag die gasheer en gasvrou op by hulle gaste. Daar word fees gevier.


Wat ‘n wonderlike vooruitsig vir enige mens. Oud en jonk. Maar een ding vergeet ons so maklik ons is in die beste huwelik nog. Die huwelik en verhouding is gesmee nog voor ons geboorte. ‘n Verbond is gemaak en ons het reeds die beste geskenk ontvang. 

In geloof moet ons vasstaan, en in liefde en hoop glo met die wete da tons die bruid van die Here is en ons Sy gunsteling.  

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s