Die Foto teen die muur

Een van die lekkerste goed om te doen is om herinneringe op ‘n foto vas te vang. Vir ons vrouens egter is dit ‘n NEE NEE. ‘n Foto is meer as net ‘n beeld.  Vir ons fraaie geslag is dit ‘n optof en regkry.  Hare moet reg lê, elkeen styf gespuit op sy plek. Grimering moet perfek wees en die kleredrag stylvol met bypassende bykomstighede. Die figuur stel voor styl en is ‘n fotostaat van hoe ons lyk. 

Wat die beelde nie altyd vasvang nie is die fantasie en frons agter die beeld. Baie flirt met die kamera en die mooiste skote word geneem. Maar as mens die lae werktrek sien jy partykeer die frons, die seer, die sagte hunkering na iets.  Die foto is slegs is ‘n karakter in ‘n fabel. 

Almal het hulle unieke formule vir geluk. Die formule word fyn uitgewerk.  ‘n Hele paar maal beland dit opgefrommel in die asblik totdat dit haarfyn perfek is soos ons dit wil hê. Dit is egter nie moontlik nie.  Die formule waarna ons soek kry mens nie op ‘n perfekte manier nie. Die Here leer ons dat alles kom met tyd.  Hy openbaar wanneer dit nodig is om Sy beeld te sien.  

Dis egter ons grootste worsteling daagliks. Jou beeld.  As jy in die oggend opstaan en jy was jou gesig gaan dit gepaard met ‘n oomblik of twee van stilte.  Die wonder begin: kan iemand sien ek het min geslaap? Hoop nie iemand vra wat is fout nie? Agnee kan ek net die dag verby kry. Dan begin die foto se ware kleure.  Die fisieke wat gepaard gaan met die emosionele. 

Dis makliker om weg te steek as om te praat want met praat kom oordeel.  Maar niemand het die reg om jou te oordeel nie.  Dit is uitsluitend die Here sin.  Hy het jou volgens sy beeld gemaak en bepaal alles, tot die fynste haartjies op jou kop. 

‘n Frons word ‘n glimlag, ‘n fantasie word werklikheid en ‘n fees van mooi word gebore in die wete jy is uniek in God se foto.  Dis tog die belangrikste. 

Psalm 46:2-6

“God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

Daarom sal ons nie vrees nie, al waggle die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.

Laat Sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid!

Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.

God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie, God sal dit help as die dag aanbreek.”

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s