n Feesmaal

Wie hou nie van ‘n heerlike spyskaart nie? Mmmmmmmm, kosse gemaak volgens internasionale standaarde. Smake wat elke gryn van jou menswees laat lekker kry.  Die oumense het altyd gesê die pad na die hart loop deur die maag. 

‘n Spyskaart is enig in sy soort. Daar is verskeie kulture en dus verskeie spyskaarte. ‘n Spyskaart voorsien egter in almal se behoeftes en word beplan rondom die funksie. Sekere etikette word gevolg om effek en esklusiwiteit te verseker. Dis ‘n eresaak wat opbou tot ‘n hoogtepunt.

Die begin is gewoonlik eenvormig. ‘n Basiese voorgereg wat op sy manier edel opgedis word. Hierna volg die hoofdis. Verskeie tipes vleise, groente en slaaie word bedien. Dit eskaleer tot die hoogtepunt van die nagereg. Dis iets wat gewoonlik eensklaps alles die moeite werd maak. Effek word opgebou dwarsdeur die ete en dit voel soos ‘n eindlose reis na ‘n perfekte wêreld. Eg en edel in sy eenvoud. Tog elasties om aan te pas by almal se behoeftes.

So ook is ons ete met die Here. Wanneer ons aansit (in gebed/gedagtes/stilte tyd) is die voorgereg reeds reg. Ons neem ons emosionele pyn en eensaamheid na sy tafel. Vir ons is die voorgereg intens maar vir Hom is dit eenvoudig. “Want Hy weet hoe my wandel is,……” Job 23:10. Nog voor ons kan vra weet Hy reeds want Hy woon in ons. “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie.” Psalm 51:19.

Nou dat die tafel gedek en uitgelê is met dit wat seermaak oorval die eensaamheid in die afwagting op die hoofmaal. Die belofte word gemaak dat die hoofmaal ‘n eervolle dis sal wees met die woorde in Johannes 14:18 “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie;…….”. Die eer van die hoofmaal word ontvang met die sekerheid dat ons ‘n almagtige God dien wat ons ongelooflik en oneindig lief het. Johannes 12:26 “As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.”. Sjoe wat ‘n keuse. Jou eerlikheid bepaal jou eksklusiewe geregte. 

Die hoogtepunt is die fantasmagoriese nagereg. Bedien deur engele en ‘n belofte vir ‘n Ewige lewe by God. Lukas 2:10 “En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap….”. Die Here versterk ons daagliks.

“Daarom, my geliefde broers, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.” 1 Kor 15:58

“En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. En Hy het vir my gesê: Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.” Openbaring 21:5-7.

‘n Eenvoudige ete. Eindloos, eksklusief tot in die fynste eenheid beplan.  ‘n Ete wat jou siel vervul met  geloof, hoop en liefde. Wat jou laat smag na die volgende. ‘n Ete wat jou laat met ‘n vrymoedige wete dat jou volgende voorgereg is reeds ‘n nagereg. Al wat jy moet doen is jou spyskaart aan die chef van die lewe oorlaat. 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s