Liefste Vriendin

​Vandag se blog is glad nie vir my lekker nie.  Huidiglik is ek binne ‘n geweldige tweestryd.  ‘n Baie spesiale vriendin is besig om ‘n pad te bewandel wat haar ondergang gaan beteken.  Ek sien dit in hoofletters. Dis seker een van die moeilikste goed om te doen, om ‘n ware vriendin te wees. Stilbly kan ek nie.  Hoe kan ek toe kyk hoe alles wat sy so hard aan gewerk het deur haar in die water gegooi word? Hoe kan ek sien sy is in ‘n doodloop straat en wys haar nie die pad uit nie?

Wel, ongelukkig is ek nie so vriendin nie.  Ek kan nie en gaan nie toekyk dat sy haarself vernietig nie.  Ja sy het huidiglik bitter seer en die skerwe lê diep.  As daar een ding is wat die lewe my al geleer het is dat die antwoord nie in ‘n bottel of vals hoop gekry kan word nie.  Die dood is finaal en niemand weet wanneer nie.  Maar as dit kom kan mens ook niks daaraan doen nie. Jy het seer, jy begrawe en hou vas al die mooi herinneringe. Jy bou verder aan jou toekoms in die wete dat jy die persoon se naam eer aan doen want hoe sou hy/sy jou nou wou sien.  Makliker gesê as gedaan. 


Daarom weet ek dat die Here kosbare mense op ons pad geplaas het om ons te help.  Ek weet dat Hy ook nooit iets op ons pad sal plaas wat ons nie kan hanteer nie. Huidiglik is my een van my beste vriende stukkend.  Al hoe ek kan help is om haar te wys en te sê waar sy verkeerd gaan.  As sy my afskryf, wel dis ‘n kans wat ek vat.  Maar een ding weet, SY IS TE KOSBAAR OM TE VERLOOR. Ek gaan nie en ek kan nie opgee nie.  Gelukkig het my ma ‘n sterk meisie groot gemaak wat stewig (geweet my gewig gaan ‘n voordeel wees eendag) staan.  Ek kan die punch vat. 

Ek weet jy lees nou die blog en wil vir jou die volgende vertel voor miljoene getuies:

Jy is kosbaar en spesiaal.  Jy is bo dit sterker as wat jy dink. Jy is ook nie alleen nie. My liefste vriendin ek weet my woorde was hard maar jy moes dit hoor.  Ek kan nie toelaat dat jy verlore gaan nie.  Die wêreld sal leeg wees sonder jou.  Onthou net ons is lief vir jou en is altyd daar. Dankie dat ek jou vriendin kan wees.  

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s