Hoe nou gemaak C

​Vandag is ‘n bitter moeilike dag.  ‘n Vriendin van my moet afskeid neem van ‘n baie spesiale persoon in haar lewe.  Ek sit al heel oggend en wonder hoe dit met haar gaan? Wat sy dink en doen? Hoe troos ek haar? Hoe help ek haar? Terwyl ek besig was om klaar te maak besef ek dat niemand haar kan help behalwe die Here nie. En self dan ook net as sy Hom toelaat. So pad is nie maklik nie.  Die opdraendes is bitter steil en die toppunt baie ver.  

Dis dan wanneer die woordjie christenskap opkom.  Elkeen se lewe het sy eie crux {kruis}. Die pad is nie deur ons gekies nie. Elke dag se gebeure/chaos soos ons dit noem is deur onsself veroorsaak maar so maklik oplosbaar as ons dit net voor die Here lê. 

Aanvalle vind daagliks plaas.  Ongesiend word ons geloof getoets. In Psalm 3 verduidelik David dit so mooi as hy sê dat ons teenstaanders vermenigvuldig maar dat die Here ons skild is teen die aanvalle.  Ons almal se lewens het ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde. 

Angs laat ons weerloos. Jesaja 43:1-2 “… Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroe; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan; sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.” 

Dis dan wanneer ons in dankbaarheid moet gaan en erken hoe nodig ons Hom het. Hy het ons bevry van angs, moedeloosheid, teenstanders se aanvalle. Psalm 100:5 “Want die Here is goed, sy goedertierendheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.” Wat kan ons meer vra.  


Jou cul de sac is nie en hoef nie die doodloop straat van jou bestaan of lewe te wees nie. Dis ‘n kruispad wat jy moet kies.  Carpe diem, gryp die dag.  Met al sy seer, vreugde, liefde en trane.  Net jy kan bepaal waar jou hoofweg loop.  Net jy kan bepaal hoe jou verkeer is en wat jou kaart se eindbestemming is.  Laat dit in die hande van die Here en weet dat die pad geseend is met alles wat jy kan hanteer.  Hy sal nooit goed op jou pad plaas waarvoor hy jou nie reeds die toerusting gegee het nie.  Sy GPS, noodnommers en noodgereedskap is 24/7 beskikbaar. Gebruik dit net.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s