Hoop

Dis donker nag buite maar soos baie van ons skakel my gedagtes nie af nie.  Ek rol rond en dink aan die gebeure van die week en wonder hoekom sekere goed gebeur. Twee vriendinne verloor geliefdes en ‘n vriend se ma kry ernstig seer.  Die dae is vol van ‘n gejaag en mens vergeet van tyd tot tyd om tot stilstand te kom. Dinge raak te veel en voor jy jou kan kry sê jy die woorde “Here kom haal my ek kan nie meer nie.” Dis dan wanneer jy wyse vriende en goeie ondersteuning nodig het.

388918_365163226899725_365492854_n

My wyse vriend het sy storie met my gedeel en ek deel dit graag want die les hieraan verbonde is diep.  Sy ma was gister 89. Op verskeie geleenthede het sy hulle al vertel dat die Here haar maar kan kom haal sy is reg.  Dit maak hom natuurlik vreeslik woedend.  Nou om hom te beskryf het ek een woord nodig: BOERSEUN. ‘n Groot man met groot hande en ‘n groter hart. So baklei en stry hulle oor en weer.  Laas week donderdag val sy ma by haar huis tussen ‘n kas en spieeltafel.  Sy is bewusteloos en erg beseer. Die Here beskik daaroor dat ‘n verpleegster haar kry waar hulp dadelik ontbied kon word. Sy word geneem na die hospitaal en oorgeplaas in ICU. Op Warfrin en ander medikasie moet hulle ‘n heupvervanging doen.  Daai aand gaan sy teater toe onder die waaksame oog van ‘n neoroloog, kardioloog en ortopeet. Weereens beskik die Here dat haar tyd is nog nie reg nie.  Buite gevaar met haar kinders om haar vra hy haar die volgende vraag. “Ma wil so graag na die Here toe gaan. Wat as ma daar bo kom en Hy vra wat doen ma daar ma se plek is nog nie reg nie?” Dit laat haar en my stom. Ons plek word vir ons voorberei soos dit die Here beskik. Sy tyd op Sy manier.  Hy ken ons paaie en weet goed wat ons kan hanteer in die lewe en wat nie. Ons grootste probleem is ons vertroue in Hom.

Partykeer dink ek kinders het sulke lekker lewens.  Hulle glo alles. Alles is ‘n nuwe ontdekking. Hulle vra vrae en stel eise. Nuuskierigheid oneindig.  In die woord staan daar ons moet geloof hê soos die van ‘n kind. ‘n Ouer weet altyd wat die beste vir sy kinders is.

Ons verstaan nie altyd nie maar weet een ding verseker. Ons plek sal reg wees as ons tyd reg is. 
 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s