Gebedssake

Spreuke 3:6 “Ken Hom in al jou weë dan sal Hy jou pad gelyk maak.” Watter magtige belofte.  Die belofte gaan egter hand aan hand met gebed.  Dit is seker een van die moeilikste dinge om te doen.  Wat sê ek? Bid ek reg? Hoe moet ek bid? Hoor die Here my as ek bid? Wanneer moet ek bid? Dis maar net ‘n paar wroegings wat daagliks gepaard gaan met ons menswees. 1546013_660964230634071_1129564641_n

Ons is partykeer so onseker oor onsself en vasgevang in die net van wat is aanvaarbaar en wat nie dat ons die belangrike dingetjies vergeet. Geloof is nie tydsgebonde nie en die Here ken jou hart.  Hy weet wat jy dink nog voor jy dit dink. Jakobus 5:13-15 stel dit so mooi.  Al is jy siek of opgeruimd “….. en die gebed van van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig.” God se wil is nie veroordeeld nie en by Hom is jy altyd ‘n prioriteit. Ons versekering kry ons in Johannes 15:7 “As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hên en julle sal dit verkry.”

Dis egter nie so maklik nie. Ek en ‘n vriendin het ‘n gebedsgroepie begin.  Elke aand en elke oggend stuur ons vir mekaar ‘n gebed.  Ons dra ons geliefdes en vriende aan die Here op en dank Hom vir alles wat ons so onverdiend ontvang.  Eerlik aan die begin was dit maklik.  Maar soos die tyd verloop raak dit al hoe moeiliker.  Dit voel of elke dag se gebed dieselfde is as die vorige dag.  Al wat verskil is die sinne.  En hier kom die duiweltjies van ouds.  Mens begin twyfel. Wonder. Na ‘n week week ek een ding verseker.  Gebed werk.  Mens moet net glo. Totaal en al oorgee en weet dat dit wat jy by die Here se voete lê daar is vir ‘n doel.

Om oor te gee aan Hom is die eerste stap.  Die grootste is om Hom onvoorwaardelik te vertrou.  Met ondersteuning van ‘n gebedsmaat bly mens op die pad van hoop.  Niks kan ooit alleen vermag word nie.  ‘n Las gedeel is baie ligter as ‘n volle.  Dis snaaks ek kyk Pinnochio saam met my kinders en besef mens kan baie by die karakter leer.  Soos hy die jakkals en kat vertrou so moet ons op die Here vertrou. Op mekaar staat maak en weet dit wat ek vra word gehoor en sal in tyd gebeur.  Die Here se tyd is die ideale tyd.

Neem ‘n vriendin se hand. Bid saam, glo saam en stap saam.  Jy sal verbaas wees hoeveel sonskyn in jou dag verskyn.  Alles helder op en ‘n moeilike dag word ‘n “breeze”.

46320_369240689822894_907725678_n

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s