n Briefie vir ontferming

​Vandag is vir ons vriendekring ‘n baie hartseer dag.  Twee van ons vriendinne het ‘n geliefdes aan die dood afgestaan. Die lewe se voetpad loop snaakse draaie.  Daar word mense op ons pad geplaas vir verskeie redes.  Partykeer is dit om ons lewens te verreik en ander kere is dit om hulle te help om die regte lewenspad te vind.  Ongelukkig is die keuses nie ons sin nie en het ons nie beheer oor dit wat gebeur nie.  Die enigste sekere belofte wat ons het is in Psalm 28:7 “Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met ‘n gesang.” 

 Herinneringe is een van die seerste maar mees getrooste medisyne.  Dit herinner ons aan die goeie tye.  Klein dingetjies wat gedeel is en groot oomblikke wat gevier is.  Die baklei en kwaad wees vir mekaar verdwyn en mens sien die verryking wat die persoon in jou lewe gebring het.  Die Here belowe dat Hy jus al beskerm en jou skild wees wanneer jy hom nodig het en dat Hy jou sal help en bystaan in moeilike tye.  Jy is nooit alleen nie.  In Romeine 8:38-39 bevestig die Here die belofte dat Hy niks die liefde sal laat skei van die liefde van God nie. 

Die pad wat mens stap is moeilik en afskeid is nooit maklik nie.  Daar is egter net een ding waaraan mens kan vashou en dis die wete dat jou geliefde nou by God se voete is. Jesaja 54:10 “ Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedentierendheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die Here jou ONTFERMER.” 

Selfs in moeilike tye sal die Here jou en jou familie en vriende dra. Die pad is tans moeilik maar ons lê julle voor Sy voete en weet dat Hy julle sal omvou met Sy grootheid en liefde en julle sal dra deur die moeilike tye.
Dankie Pappa Vader dat ons ons vriende by U kan lê en weet U sal hulle versorg in die tyd van nood. Amen.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s