A Altyd daar

​Om’n onderwerp te kry om oor te gesels is nie maklik nie. Daar is so baie dinge om in ag te neem.  Wat jy sê? Hoe jy dit oordra ens.  Verlede saterdag het ek by ons kerk se damestee ‘n praatjie gehou oor die ABC van die vrou.  Wat maak ons uniek. ‘n Hele paar dames het gevra ek moet aan hulle die voorlegging epos en toe besluit ek ek gaan dit met nog meer deel. 

Om te weet wou ‘n vrou is moet jy eerstens weet wie jy is?  Dit gaan gepaard met baie “soul searching” en kopkrap.  Maar daar is ‘n begin vir alles.  Die begin is egter die vertrekpunt van die alfabet. Die dames het elk ‘n alfabet letter gekry wat ‘n gawe is wat deur God aan ons geskenk is.  Die doel is om deur die verloop van die jaar aan die spesifieke gawe te werk.  Nie almal kom uit by dit wat hulle wil doen nie.  Ons is geneig om altyd verskonings uit te dink vir dit wat belangrik is. 

‘n Sterk vrou is ‘n vrou wat kan staande bly ten midde van chaos. Sy het selfwaarde om te sien hoe mooi, perfek en uniek sy is.  Sy kan haarself aanvaar as die ideale SY. Uniek gemaak volgens God se beeld. Nou dit klink baie mooi maar hoe kom mens by die punt.  Treetjie vir treetjie soos die “oumense” altyd gesê het. Mens van een dingetjie, een gawe, een “blessing” op ‘n slag.  Dis soos ‘n stuk hout. Dis nie dadelik ‘n mooi tafel of stoel nie.  Dit vat baie harde werk. Tyd, geduld en opoffering. Maar ek belowe julle dis nie verniet nie.  Die Here belowe in Spreuke 28:19 “Wie sy land bewerk, het volop brood; …..”. Wat ‘n belofte. Die wete dat jy vir die klein deeltjie wat jy bydrae volop sal hê. 

Dis egter ons swakheid.  Wat is dan nou genoeg as ons praat van volop? Die antwoord verskil van mens tot mens.  Een ding weet ek egter en dit is dat as jy daai dingetjie doen tot die beste van jou vermoë is dit volop vir God.  Dis die belangrikste.  Dis ook waaroor ons eerste letter handel:

A: Altyd daar.  Hoe maklik is dit nie om net te sê ek sal netnou of ek belowe.  ‘n Vriendin of familie lid bel en jy dink ag tog net nie nou nie. Ons verwag egter dat as ons uitroep na iemand dat hulle sal help.  Dat daar iemand aan die anderkant van ons noodroep is.  Hoeveel keer wonder ons nie hoekom ons so alleen voel nie? Daar is mense om jou maar tog voel dit soos net jy. Om daar te wees vir iemand is nie altyd maklik nie. Dis harde werk.  Dis emosionele opoffering van gees en tyd.  Dis om daar te wees in nood.  Nood kan verskil.  Dis dalk ‘n skouer om op te huil, ‘n oor om te luister of ‘n drukkie om te troos. Partykeer is dit ‘n lewe om te red.  Ons sal nooit regtig weet wat ons beteken in iemand se noodkreet nie.  Al wat ons kan doen is daarwees. Die hand neem wat uitreik en ‘n stem wee swat sê jy is nie alleen nie.  Spreuke 11:25 sê “Die siel wat seen, word versadig…..”.

Kom ons versadig onsself met daar wees.  Begin met die klein dingetjies. Onthou dis nie wat jy doen nie maar hoe jy dit doen.  Dis die gevoel daar diep binne jou hart wat jou vertel mooi so getroue dienaar van God.  

Ek is altyd daar.  Groot of klein.  God hier is ek. Doen met my U wil. Amen.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s