Jy is nie alleen nie.

Sjoe wat kan ek sê.  Die realiteit het nog nie ingesink nie.  Maar die ondersteuning is baie.  Op so oomblik is daar so baie dinge wat mens wil sê. So baie wat mens wil deel.  Waar begin ‘n mens? Wel ‘n wyse mens het eendag gesê begin by die begin. In vandag se tyd is tyd ‘n kosbare besitting.  Die woorde: “nie nou nie” “ek het nie tyd nie” is algemeen.  Familietyd raak minder. Kwaliteittyd raak minder.  Ons sukkel om staande te bly in ‘n wêreld waar alles nou is of nooit.  Tydens die warboel vergeet ons om vir die een persoon te vra wat wel tyd kan beheer. Die Here sê “Kom na My toe almal wat moeg en vermoeid is.” Maar doen ons dit. Vra ons betyds of wag ons en stel ons uit tot dit te laat is.In Hebr. 13:5 word dit so mooi gestel: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Sjoe dis so fantasties om te weet jy IS nie alleen nie.  Daar IS iemand jy moet net vra.  Moedverloor se vlakte is altyd naby en opgee maklik.  Ek wil vandag vir jou sê, JY IS SPESIAAL. DAAR IS IEMAND WAT OMGEE. JY IS NOOIT ALLEEN NIE. Dis ook dan grootliks die rede vir die blog. As jy moeg en vermoeid is, alleen voel of net wil iets deel en bemoedig wil ek jou uitnooi.  As ons as vrouens saamstaan is ons krag magtig en ons gebed groot. Vertrou op Hom en Hy sal jou lei. Romans 8:28 “God works through all things for the good of those who love Him.” Amen.

One thought on “Jy is nie alleen nie.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s