First blog post

This is the excerpt for your very first post.

Vandag is die eerste dag van ‘n nuwe droom.  Vir so lank word ek aangemoedig deur goeie vriende om te begin met my eie motivering.  Maar soos enige een van ons wankel die geloof in onsself en wonder en stel mens oneindig uit. Vandat ek kan onthou wou ek nog altyd ‘n verskil maak.  Ek wou vir iemand ‘n indruk los op hulle lewensreis. Die voetpad wat ek tot nou geloop het was die voetpad van onderwys.  Ek is reeds 19 jaar in die onderwys betrokke met ‘n stille hunkering na soveel meer. Nou draai my voetpad uit op ‘n nuwe pad. ‘n Nuwe avontuur. Met ‘n hoed in my hand begin ek die tog. Soveel keer in die Bybel word ons herinner dat ons oorwinnaars is. Hoewel die lewe met jou pad stap op verlore jare van geluk, mislukte verhoudings en ongesonde omgewings bring die Here jou altyd terug op Sy pad. God het ons pad vir ons gekies. My pad en lewensplan het nou verander. My oë gerig op ‘n nuwe bestemming. 2 Samuel 22:29 sê: “U, o God, omgord my met krag; U maak my pad voorspoedig. U maak my voete soos die van die ribbok; op hoë plekke laat U my stewig staan.”

Wel dis my eerste post en hoop die eerste van baie.  Ek nooi julle uit. Kom gesels saam.  Die “deur” is oop vir geloof, hoop en ‘n bietjie liefde uit ‘n ander oord.

Yvonne

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s